Jou Dice My Dice

 

Jou Dice My Dice

P.B. de Villiers

 

 

Available at Createspace or send an email to This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Beskikbaar by Createspace of stuur ‘n epos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Available from the Author directly @ R190 (postage excl) 

Beskikbaar vanaf die Skrywer teen R190 (posgeld uitgesluit)

Available as an eBook on Amazon

 

Die lewe is soos "dice" gooi. Soms val dit op 'n ses, maar dikwels op 'n een. Volg die skrywer op sy reis deur die lewe--deur die goeie en slegte tye--en sy verhale van hoe die "dice" vir hom geval het. Gaan saam op sy toer na plekke soos Britstown, Pearston, Graaff-Reinet, Kroonstad en Barberton.
Sketse deur die talentvolle kunstenaar en tekenaar, Andre de Villiers.

Life is like throwing dice. Sometimes it lands on a six and at other times on a one. Follow the author on his journey through life and experience how the dice landed for him. Join him on a tour through places such as Britstown, Pearston, Graaff-Reinet, Kroonstad and Barberton.
Sketches by talented artist, Andre de Villiers.

 

About the author:

Pierre de Villiers is gebore in die Paarl en is tans woonagtig in die Kaap. Hy is getroud en het drie kinders. Pierre is ook 'n trotse oupa.

As 'n sportliefhebber speel hy graag gholf en rolbal.

 

Pierre de Villiers was born in Paarl and lives in the Cape. He is married and a father of three children. He is also a proud grandfather. As a sport lover, he also plays golf and bowls.

 

 

n Voorsmaakie

DIE SLANG DIE SPOOK

EN DIE RIELDANS

 

Kattekwaad aanvang het net nie einde gekry nie. Ek dink ook nie dit kon anders nie, want wat anders kan kinders op so `n klein dorpie doen. Ons moes onsself maar vermaak. Daar was `n tipe gom wat kliphard was, die naam was harpuis. Ons het hierdie gom, sterk garedraad en `n sykous gebruik om mense mee bang te maak.

Die herkoms van die gom en die eintlike doel kan ek nie onthou nie, maar ek verbeel my tog dat dit in die houtwerkklas gebruik was vir een of ander doel.

Wat ek wel weet is dat wanneer jy die een punt van die garedraad aan veral `n leë blik vasgemaak het wat ge-anker was, was dit gereed om sy doel te dien. Die ander punt van die garedraad het jy in jou een hand vasgehou terwyl jy die harpuis in die lengte daaroor getrek en stoot het.

Terwyl jy die harpuis vorentoe en agtertoe getrek en stoot het, het dit `n aaklige onderaardse geluid gemaak. Deur die gare stywer te trek of te verslap het die geluid ook verander, soos in die geval van `n kietaar. Amper soos katte wat gedurende Augustus maand wou paar.

Hierdie geluid in `n donker, stil agterstraat in `n Karoodorp, wanneer die maan ook maar onheilspellend onderstebo hang, is al reeds genoeg om enigiemand se nekhare te laat rys. Moenie eers praat van die wind wat huil deur die blare van `n boom wat ook net hartseer ken nie.

Die sykous was met sand gevul tot dit net soos `n slang gelyk het, lekker lank uitgerek.

Hierdie keer was ons plan om iemand behoorlik die skrik op die lyf te jaag. Vir ons was dit maar self `n spookagtige affêre. Voor die plan uigevoer was, was ons reeds oorweldig deur die omstandighede. Die straatligte in ons straat was vir een of ander rede dood en al wat jy kon sien was so hier en daar `n kamerlig van `n huisie wat deur die gordyne filtreer.

`n Lang donkerkleurige tou is aan die ‘kop’ van die sykous vasgemaak. `n ‘Slang’ sou oor die pad seil terwyl die harpuis sy werk doen. Alles was gereed. Nou is dit net wag vir die slagoffer.

Ons was maar self vrek bang. Bang vir die donker, bang vir die huilende wind, bang vir die nag, bang vir die oomblik en bang vir skerpioene, want dit was `n warm somersaand.

“Daar kom hy, sien julle hom? Nee wag, dit is twee van hulle,” sê Johan.

Toe die manne `n paar treë van die slang is, begin Andrè al met die trek en stoot van die harpuis. Ek kon voel hoe my eie nekhare reis. So deur die donkerte van die nag kon ons sien dat die twee manne bewus was van die spookagtige geluide.

Die tyd was reg!

“Bennie, watse geluide is daai?” vra die een ou.

“Nee o donner, ek sallie wietie,” sê Bennie.

“Dit klink soos `n kat, ma` dis mos noggie hulle jôltyd nie,” sê die ander ou weer.

So stap die twee ouens maar stadig nader. Johan begin toe om die ‘sykousslang’ stadig oor die pad te trek. Die twee manne was al amper bo-op die ‘slang’ toe hulle dit gewaar. Johan trek die slang `n bietjie vinniger en Andrè looi die harpuis. Sowat van skrik en bang wees het ons in ons lewe nog nie ervaar nie.

“F….t man, dis mos `n slang,” skree die een ou terwyl albei die rieldans doen.

Johan hou op om die slang te trek, maar Andrè looi nou eers daai harpuis.

“J….s man, watse f….n slang is dit wat sulke geluide maak?” vra Bennie terwyl hulle weg beweeg van die ‘slang’ af.

Vir oulaas gee Johan die slang so `n pluk!

Daai twee manne trek daar weg met `n spoed en hardloop die pad af, wat lei na die lokasie, asof die slang hulle agterna sit. Hoe vinniger hulle hardloop, hoe harder looi Andre` die harpuis. Ons plan het so goed gewerk dat ons dit self nie kon glo nie.

 

 

GESKIEDENIS 

 

LEKKER LAG STORIES

SPORT STORIES

 

HARTSEERVERHALE

 

 

(c) p.b de villiers